Skip to content

Die sound blog

Ek het nou al lank die liefde om so nou en dan neer te skryf (tik!) waarmee ek besig is. Dis lekker om dit met ander mense te deel, nie omdat ek windgat wil wees nie, maar meer omdat ek so versot is op my werk, die feit dat elke dag verskil en mens die interessantste mense ontmoet. Facebook was `n lekker platform vir so iets, maar ongelukkig verkies ek om nie kliente op my privaat Facebook te hê nie. Dis bloot net goed om so nou en dan jou werk en alledaagse kommentaar van mekaar te kan skei.

Weebly, wat ek tans gebruik om hierdie website te bou, karring altyd dat meeste websites `n Blog het om verkeer gereeld terug te laat kom. Nou ja, hier is dan nou my kans. Die Blog is natuurlik `n baie persoonlike ding. Daarom skryf ek dit in Afrikaans, want dis tog wie ek is. My idee is om soms sommer te skryf oor interessante projekte waaraan ek werk, shows, mense op my pad en so nou en dan die dingetjies wat ek buite die studio doen. Die dinge wat soms op my privaat Facebook muur beland en ander nie altyd kan sien nie.

Maar ek dink dit gaan ook maar `n “mixed bag” wees. My passie vir produksie werk, idees en tips en tricks is net so groot. So soms sal `n Blog post baie meer tegnies van aard wees, daarom sal ek kategorieë gebruik om dit te beheer en nie mense te verveel nie!

Picture

Vrystaat Kunstefees

Vir jare is ek nou al betrokke by die jaarlikse kunstefees in Bloemfontein. Dit was eers die Volksblad Kunstefees, die Vryfees en nou die Vrystaat kunstefees. Jip, lyk my hulle probeer maar alles tot een stick!

Hierdie jaar is ek betrokke by een van my kliënte, Jacobus Silwer se produksie, SA Legendes wat hy in die Aasvoël Klub opvoer. Die produksie bring hulde aan legendariese SA sangers soos Coenie de Villiers, Laurika Rauch, Anneli van Rooyen, Andre Schwartz en vele meer. Ek is so klein bietjie porducer en baie klavierspeler saam met die res va sy great band. Maar dis ook spesiaal omdat ons die stage deel met Ella Kotze en Gertjan Holtzhausen. Hulle altwee het al vol albums by my opgeneem en dis `n groot voorreg om hulle live te kan sien. Ella is soos `n ma vir my! Ek ken haar al amper 19 jaar en het basies voor haar groot geword.
So as jy dalk opsoek is na `n lekker-luister musiekkonsert by die fees, kom kyk gerus hierdie een. Ek dink soos die week vorder sal ek so bietjie agter die skerms wys hier op my Blog.

Hier is dit dan nou. Ek noem dit sommer DIE SOUND BLOG. Dis maar al wat dit is! Loer gerus rond op die wbsite, luister na demo’s en kom groet ons as jy ons dalk iewers op `n stage raakloop!

Groete


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *